Kudu Lasagna
- Marli Mckellar
- Mar 26
- 3 min read
Updated: 3 hours ago

Hoekom is ek so obsesief oor wildsvleis? Ek het grootgeword daarmee – tot op ’n punt waar ek behoorlik gatvol was vir springbokvleis teen die tyd dat ek die huis verlaat het. Elke jagseisoen was daar biltong, droëwors, en n paar pakke vleis onder in die diepvries. Destyds het ek gedink ek sal nooit weer wildsvleis eet nie.
Maar jare later, hier in die stad, tref die realiteit van vleispryse jou soos ’n klap in die gesig. Vleis is nie net belaglik duur nie – die kwaliteit is lagwekkend. En almal is nou mal oor goed soos “free-range,” “grass-fed,” en “sustainable.” En selfs dan is die vleis wat ons kry... wel, nie juis great nie.
Toe, soos ’n weerligstraal, slaan dit my: my ou vyand – wildsvleis! Wat is méér “free-range,” “grass-fed,” en “sustainable” as wildsvleis? Die Amerikaanse toeriste betaal ’n arm en ’n been om ’n stukkie kudu by die Waterfront te proe, maar hier by die huis trek ons ons neuse op daarvoor.
Maar hoekom’t ek dit dan so gehaat? Want dis nie bees of lam nie. En jy kan dit nie net soos bees probeer gaarmaak nie (jammer, Moeks).
Dis ’n ander dier, met ’n ander tekstuur, en dit vra vir ’n ander benadering. Nou probeer ek wildsvleisresepte ontwikkel wat jy rêrig sal wil eet – wat selfs my 15-jarige self sou geniet het.
En wie weet – dalk gaan ons hierdie jagseisoen nie weer die bokvleis onder in die diepvries vergeet tot volgende winter nie.

Bestandele:
Vleissous:
70g Uie
35g Seldery
35g Wortels
15g Knoffel
200g Spek
2 Rooirissies
25g Pietersielie
15g Roosmaryn
15g Botter
500g Kudu maalvleis
400g Vark maalvleis
375ml Rooiwyn
400g Tamatie puree (1 blik)
½ Suurlemoen
1 parmesaankors
Olie van 1 blikkie gerookte mossels
Sout en peper, na smaak
Olie, vir braai

Béchamelsous:
150g botter
150g meel
1.5L melk
Sout en swartpeper
Neutmuskaat
Vars gerasperde parmesan
Ander:
Lasagnavelle (winkelgekoop of vars)
Ekstra kaas vir bo-op (opsioneel)

👨🍳 Metode:
Vleissous:
Berei al die bestanddele voor: kap die uie, seldery, wortels (mirepoix), knoffel, rooirissies, kruie en spek.
In 'n groot pot, verhit 15g botter en 'n bietjie olie. Braai die spek tot dit bros is. Haal uit en sit eenkant.
Voeg die mirepoix by die spekvet en braai oor medium hitte vir sowat 15 minute tot die uie deurskynend is.
Voeg die knoffel by en braai nog 5 minute.
Roer die tamatiepuree in en braai totdat dit effens donkerder en dikker raak – dit gee die sous 'n lekker diep geur.
Voeg die spek terug, en gooi die kudu en vark maalvleis by. Braai tot die vleis mooi bruin is.
Voeg die rooiwyn en die tamatieblokkies of -puree by. Roer goed deur.
Voeg die pietersielie, roosmaryn, rooirissies en suurlemoensap by.
Plaas die parmesaankil in die pot vir ekstra geur.
Laat die mengsel op ’n lae hitte prut vir minstens 1 uur, met die deksel effens oop, sodat die geure ontwikkel en die vloeistof kan reduseer.
10 minute voor dit klaar is, voeg die olie van die blikkie gerookte mossels by. Roer deeglik deur – dit is die geheime geurkrag!
Béchamelsous:
Smelt die botter in 'n kastrol oor matige hitte.
Voeg die meel by en klits aanhoudend tot dit 'n gladde pasta vorm.
Kook die mengsel vir ongeveer 2-3 minute totdat dit ’n neuterige geur gee.
Voeg die melk geleidelik by terwyl jy klits – maak seker daar is geen klonte nie.
Kook die sous tot dit dik en glad is.
Geur met sout, peper, neutmuskaat en gerasperde parmesan.
Bedek met kleefplastiek wat die oppervlak raak om te verhoed dat ’n vel vorm. Sit eenkant.
Lasagna Bou:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Kook jou lasagnavelle vir ’n kort tydjie sodat dit nie te hard is nie.
In ’n groot oondbak, begin om lae te bou:
Begin met 'n laag van die vleissous
Dan 'n laag pasta
Dan 'n laag béchamelsous
Herhaal die lae en maak seker jy het minstens vier lae pasta
Eindig met béchamelsous en strooi ekstra kaas oor indien jy wil.
Bak vir 40 minute of tot goudbruin en borrelend.
Laat die lasagna 30 minute rus voor jy dit sny – dit help dit stel en sny netjieser.

🍽️ Bedien:
Lewer sowat 6 porsies. Perfek vir ’n aandete of as ’n heerlike meal prep gereg vir die week!

1
Searing the Beef
Sear beef fillets on high heat for 2 minutes per side to form a golden crust. Let it cool before proceeding to keep the beef tender.

Notes

1
Season the good fresh beef fillets with salt and black pepper. Heat olive oil in a pan over high heat and sear the fillets for 2 minutes per side until it fully browned. Remove the beef from the pan and brush with a thin layer of mustard. Let it cool.

Instructions
Quality Fresh 2 beef fillets ( approximately 14 ounces each )
Quality Fresh 2 beef fillets ( approximately 14 ounces each )
Quality Fresh 2 beef fillets ( approximately 14 ounces each )
Beef Wellington

Beef Wellington
Fusion Wizard - Rooftop Eatery in Tokyo
Author Name

Beef Wellington is a luxurious dish featuring tender beef fillet coated with a flavorful mushroom duxelles and wrapped in a golden, flaky puff pastry. Perfect for special occasions, this recipe combines rich flavors and impressive presentation, making it the ultimate centerpiece for any celebration.
Servings :
4 Servings
Calories:
813 calories / Serve
Prep Time
30 mins
Prep Time
30 mins
Prep Time
30 mins
Prep Time
30 mins
Comments