Text Test Blog
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Phasellus eget egestas elit, at tempor neque. Sed nec pharetra augue, a aliquam...
Mar 261 min read
Blaai deur ons nuutste resepte
Ek het grootgeword op die platteland, nou tuis in die stad, maar my hart bly altyd in die kombuis. Kos is my taal, my manier om stories te vertel, en my manier om te onthou waar ek vandaan kom.
Dankie Tannie het begin as 'n liefde vir Afrikaanse resepte – nie net bobotie en braaivleis nie, maar al die kos wat diep in Suid Afrika gewortel is. Die disse wat ons tannies, ma’s en oumas vir geslagte lank oorgedra het. Kos is nie net iets wat ons eet nie; dit is geskiedenis, herinneringe, en 'n stuk van wie ons is.
Van die kombuistafels in klein dorpe tot die straatmarkte en stede regoor Suid-Afrika. Ons kos is 'n weerspieëling van ons diverse geskiedenis, ons mense, en die maniere waarop kultuur van geslag tot geslag oorgedra word. Dis die tannies – daardie sterk, liefdevolle vroue – wat gesorg het dat hierdie resepte, hierdie stories, en hierdie smake bly leef.
Ou resepte, moderne kombuistwists,
soms Afrikaans, soms Suid Afrikaans en soms net lekker.
Kom kuier in my kombuis. 💛